https://www.youtube.com/channel/UC3RSDarfkvvV3IBAbdp0utQhttps://sacoronavirus.co.za/http://www.im-info.co.za/http://www.integrated-marketing.co.za/

Saamstaan Fees - Kroondal, Rustenburg

Saamstaan Fees - Kroondal, Rustenburg

Saamstaan Fees - Kroondal, Rustenburg

Elkeen van ons probeer ons weg vind in ons nuwe normaal tydens die pandemie waarin ons onsself bevind.

Soveel uitdagings,  onbekende terreine wat ons betree en by aanpas. Baie dinge word nou anders beplan en uitgevoer in die tyd wat ons nou leef.

 

Ons is tans op vlak 3 inperking met positiewe gevalle wat die hoogte in skiet. Dit is waarom ons besluit het om die Saamstaan Fees aan te skuif na n meer gepaste en veiliger datum, Saterdag 4 September 2021.

 

Een ding is verseker, ons pas aan, beur voort en word sterker saam! Fees hou sal ons fees hou! Ons saam sal n verskil maak aan dit wat ons elkeen net so hard tref in ons land, MISDAAD.

 

Organiseerders van die fees, eregaste groepe: NCA, RCCF, Magalies Oos Radio Groep, ander veiligheidsgroepe en gemeenskapslede staan saam en is hard aan die werk agter die skerms om dit n onvergeetlik en suksesvolle dag te maak. Die Saamstaan Fees sal ons mense in gemeenskapbeveiliging groepe versterk, ondersteun en n veiliger gemeenskap bewerkstellig vir my en vir jou.

 

Bron :https://saamstaan-fees.business.site/?email

Saamstaan Fees - Kroondal, Rustenburg
CONTACT DETAILS
Dates: To be announced
Phone: +27 82 762 4039
Venue: Cheers & Beers - Kroondal, Rustenburg
E-mail: saamstaanfees@gmail.com